SA Graanlaboratorium: 20 Jaar Trots Suid-Afrikaans

In sy twintigste bestaanjaar kon die SA Graanlaboratorium (SAGL) met die eendragtige steun van rolspelers in die graanbedryf, huidige en voormalige raadslede en trotse personeel sy nederige beginjare en latere prestasies herleef. Net soos die Koringraad-gebou meer as twee dekades gelede die entrum van baie graanaktiwiteite was, kon die SAGL in Junie 2017 die graangeboukompleks in die Agri Hub-kantoorpark by The Willows in Pretoria as sentrum vir hul feesviering gebruik.

SA Graanlaboratorium 20 jaar trots Suid-Afrikaans 1

Stigters van die SA Graanlaboratorium en personeel wat 20 jaar diens het: dr Cobus le Roux (stigterslid, voormalige voorsitter van die SAGL raad), Jannie de Villiers (stigterslid, voormalige voorsitter en tans alternatiewe direkteur van die SAGL raad), Johannes Mkasi (20 jaar diens), Jolanda Nortjé (laboratoriumbestuurder en 20 jaar diens), Marlize Hammes (20 jaar diens), Colin Wootton (stigerslid en voormalige direkteur) en Daniël Msiza (20 jaar diens). Inlas: Japhta Modise (20 jaar diens).

Die verjaarsdagviering is gekombineer met die inwyding van die SAGL se nuwe afdeling en laboratorium vir gewasbeskermingsdienste. Dit maak voorsiening vir toetse in die registrasieproses van landbouchemikalieë. Die projek is in die afgelope finansiële jaar met die inisiatief van Wiana Louw, hoofbestuurder van die SAGL, voltooi. Dit maak ‘n vyfde been van toetsmetodes by die SAGL moontlik, wat op gewasbeskerming gerig word.

Die laboratorium is toegerus om geakkrediteerde toetse uit te voer wat deur die Internasionale Gesondheidsorganisasie en die Verenigde Nasies se voedsel- en landbou-organisasie voorgeskryf en vereis word. Akkurate en betroubare ontledingsresultate word verskaf vir landbouchemikalieë se registrasie, die kwaliteitsbeheer ná vervaardiging en vir die rakleeftyd van die chemikalieë.

Boikanyo Mokgatle, voorsitter van die SAGL se raad, sê dit het baie wilskrag vereis om die graanbedryf se behoeftes van twintig jaar gelede in so ‘n nie-winsgewende maatskappy te laat realiseer. Hy het hulde gebring aan die grondleggers wat as bedryfskundiges die verbeeldingryke planne vergestalt het.

Drie van die grondleggers, dr Cobus le Roux, Colin Wootton en Jannie de Villiers, kon die verjaarsdaggeleentheid bywoon. Die SAGL kon ook hulde bring aan vyf personeellede wat sedert die stigting deel van die personeelkorps was. Hulle is Johannes Mkasi (vermalings- en grade ringslaboratorium), Jolanda Nortjé (laboratoriumbestuurder), Marlize Hammes (chemielaboratorium), Daniël Msiza (ver malings- en graderingslaboratorium) en Japhta Modise (vermalings- en grade ringslaboratorium).

SA Graanlaboratorium 20 jaar trots Suid-Afrikaans 2

Drie bestuurslede van die SA Graanlaboratorium: Wiana Louw is sedert 2009 die hoofbestuurder, Cecilia Breedt is bestuurder van die nuwe laboratorium vir gewasbeskermingsdienste en Jolanda Nortjé is die laboratoriumbestuurder.

SA Graanlaboratorium 20 jaar trots Suid-Afrikaans 3

Standard Bank was die finansier van die SA Graanlaboratorium se nuwe laboratorium. Nico Groenewald (regs), bestuurder van die bank se landbousake, het die opening bygewoon. Saam met hom is Boikanyo Mokgatle, voorsitter van SAGL se raad, en Wiana Louw, hoofbestuurder van die SAGL.

’n Groot opkoms van bedryfsvennote was by die verjaarsdagviering en openingsgeleentheid teenwoordig, insluitend meulenaars, bakkers, graanhanteerders, saadtelers, regeringsinstellings, navorsings- en ander institute, universiteite en ander strategiese vennote.

Die finansier van die SAGL se laboratoriumuitbreiding, Standard Bank, beskou hulself as ‘n vennoot in die graanwaardeketting en nie as ‘n borg nie. Nico Groenewald, bestuurder van die bank se landbouafdeling, sê verskeie dryfkragte in landbou is op die SAGL van toepassing. Die Laboratorium kan as ‘n integrale rolspeler in die graanwaardeketting bestempel word.

Die SAGL se standaard as laboratorium word voortdurend met internasionale maatstawwe gemeet. Dit voldoen steeds aan akkreditasie van die Internasionale Organisasie van Standaardisering (ISO/IEC) 17025 en het die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiestelsel (SANAS) se ouditering vir toetslaboratoriums in Junie 2016 geslaag.

Author:

SAGL

The Southern African Grain Laboratory is an accredited laboratory, established in 1997 as a reference laboratory on request of the South African Grain Industry. We measure, so that you know!

Quality overview of the 2020 maize crop

A total of 890 composite samples, representing white and yellow maize of each production region, were received and analysed to determine their quality. The samples consisted of 516 white and 374 yellow maize samples.

READ MORE →