Graanlaboratorium Slaag Vele Toetse in 20e Jaar

Graanlaboratorium slaag vele toetse in 20e jaar 1

Direkteure van die Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium tydens die jaarvergadering van die 2016/’17 termyn: dr Toi Tsilo, Arthur Schröder, Boikanyo Mokgatle (voorsitter), Kevin Clarke, Dirk Kok, De Wet Boshoff (uittredende ondervoorsitter), Wiana Louw (hoofbestuurder), Derek Matthews (ondervoorsitter 2017’18), Marianna Purnell, Bart Harmse en Geoff Penny. Afwesig: dr Marinda Visser, dr Francois Koekemoer en Jannie de Villiers (alternatiewe direkteur).

Benewens ‘n toename in ontledings van graankwaliteit en verbreding van hulle kliëntebasis, was ‘n hoogtepunt in die Suider Afrikaanse Graanlaboratorium (SAGL) se twintigste bestaans jaar die ingebruikneming van ‘n bykomende laboratorium in 2017. Dié laboratorium doen ontledings vir die landbou- chemiese bedryf. 

Boikanyo Mokgatle, voorsitter van SAGL se direksie, het tydens die jaarvergadering gesê die strukturele uitbreiding en wyer diensprofiel in ooreenstemming met behoeftes van Suid-Afrika se groter landboubedryf, bevestig die Laboratorium se relevansie en posisie as ‘n voorkeur-verwysingslaboratorium.

Die SAGL fokus volgens mnr Mokgatle steeds op ondersteuning van die landboubedryf sodat dit internasionaal mededingend kan wees.

Graanlaboratorium slaag vele toetse in 20e jaar 2

Prof Egmond Rohwer (regs) van die Universiteit van Pretoria is ‘n kundige oor die chemie van reuke en die magdom inligting wat daarin opgesluit is. Hy was die spreker tydens die Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium se jaarvergadering. Saam met hom is Wiana Louw (hoofbestuurder van SAGL), Boikanyo Mokgatle (voorsitter van SAGL se direksie) en Hannalien Meyer (tegniese spesialis van SAGL en oudstudent van prof Rohwer).

“Die kwaliteitsverslae van koring, mielies, sonneblomsaad, sojabone en sorghum is voorbeelde en getuigskrifte van die beduidende bydrae tot voedselsekerheid en kwaliteitsvereistes. Prosedures en metodes word in ooreenstemming met internasionale standaarde toegepas.” 

Die SAGL onder leiding van Wiana Louw as hoofbestuurder voorsien ook konsultasies, opleiding en toetsdienste aan Afrikalande. Gedurende 2016/’17 is 55 466 ontledings in die vier toetskategorieë van oeskwaliteit uitgevoer.

Die afdeling waar oesbeskermingsmiddels ontleed word, is gevestig weens nuwe regulasies waaraan die landbouchemiese bedryf moet voldoen voordat middels geregistreer word. Afgesien van chemiese en fisiese ontledings van die middels is dienste ook beskikbaar sodat verpakking en etikettering aan internasionale standaarde kan voldoen.

Die Laboratorium hou sy vinger op die pols van bedryfsake deur onder meer betrokke te wees by landboubedrywe se tegniese komitees. Ten einde geakkrediteer te kan word en op standaard te bly, word SAGL se werk en geriewe voortdurend aan streng evaluering volgens internasionale standaarde onderwerp. Die Laboratorium handhaaf sy akkreditasie by die Internasionale Organisasie vir Standaarde (ISO) 17025 en word elke agtien maande deur die Suid-Afrikaanse 

Akkreditasiestelsel (SANAS) aan ‘n oudit onderwerp.

Volgens ‘n finansiële verslag wat by die jaarvergadering voorgelê is, is SAGL se geldsake kerngesond. Die maatskappy het weer eens ‘n ongekwalifiseerde ouditeringsverslag ontvang.

Author:

SAGL

The Southern African Grain Laboratory is an accredited laboratory, established in 1997 as a reference laboratory on request of the South African Grain Industry. We measure, so that you know!

Quality overview of the 2020 maize crop

A total of 890 composite samples, representing white and yellow maize of each production region, were received and analysed to determine their quality. The samples consisted of 516 white and 374 yellow maize samples.

READ MORE →