Graanlaboratorium Onderskei Hom Met Standaarde en Erkenning

Die Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium (SAGL) het sy relevansie en reputasie as ‘n voorkeur-verwysings laboratorium sowel plaaslik as internasionaal herbevestig. Die Laboratorium 

onderskei homself deur prosedures en metodes vir geloofwaardige en kwaliteit ontledingsresultate te gebruik wat internasionaal erken word, sê die voorsitter van SAGL se raad van direkteure, Boikanyo Mokgatle. 

In sy voorsittersverslag van die SAGL se 21e jaarvergadering het mnr Mokgatle gesê die SAGL is daaraan toegewy om tot Suid-Afrika se voedselveiligheid en stelsels vir kwaliteitsbeheer by te dra. Die Laboratorium sal voortgaan om die bedryf se internasionale mededingendheid te ondersteun en te bevorder. 

“Die waarde van landbouprodukte is verbind tot produkte se kwaliteit en veiligheid en dít word met metings verkry wat in laboratoriums soos die SAGL uit gevoer word. Waardestelsels en akkreditasie wat internasionaal erken word sorg dat die SAGL se ontledingsresultate gelykstaande is aan ander lande se ontledings en deur hulle erken word,” sê mnr Mokgatle. “Belangrike ekonomiese en veiligheidsbesluite word met hierdie resultate geneem.” 

Deurlopende skakeling met rolspelers sorg dat die SAGL ‘n goeie begrip het van markvereistes vir voedsel en voer se kwaliteit en veiligheid. Met sulke inligting word toegang tot markte met hoë waarde verhoog. 

Die Laboratorium se hooffokus is steeds oeskwaliteit en oesbeskerming. Die oeskwaliteit van verskillende graan- en oliesaadkommoditeite en gepaardgaande voedsel en voerprodukte word by die SAGL ontleed. Die afdeling vir oesbeskerming wat in 2017 by die SAGL gevestig is kan volgens internasionale vereistes van die landbou- chemiese bedryf ontledings vir die registrasie van nuwe produkte uitvoer. Die Laboratorium verskaf ook toetsdienste in ooreenstemming met internasionale vereistes vir verpakking en etikettering. 

Graanlaboratorium onderskei hom met standaarde en erkenning 1

Martie Meyer (middel) het die afgelope agtien jaar aan die hoof gestaan van die SA Graanlaboratorium se rekenkundige afdeling en elke jaar ‘n ongekwalifiseerde ouditeringsverslag ontvang. Sy het in 2018 afgetree en is deur die SAGL se raadsvoorsitter, Boikanyo Mokgatle (links), en die bestuurder, Wiana Louw, vir haar dienste bedank. Twee personeellede, Japhta Modise en Daniël Msiza, het ná twintig jaar diens by die SAGL af getree.

Sowat ‘n derde van die SAGL se inkomste word verkry deur ad hoc-toetse, ringtoetse en landboratorium-opleiding. Die Mielietrust sorg vir 19% van die inkomste en die Wintergraantrust vir 17%. Ander inkomstebronne is afkomstig uit die afdeling vir oesbeskerming en van koringtelers. 

Volgens die SAGL se raad van direkteure is die onderneming in ‘n gesonde finansiële posisie met toegang tot voldoende fondse. Die SAGL is ‘n maatskappy sonder winsbejag. 

Mnr Mokgatle het landboutrusts bedank vir hulle bystand en volgehoue ondersteuning.

Author:

SAGL

The Southern African Grain Laboratory is an accredited laboratory, established in 1997 as a reference laboratory on request of the South African Grain Industry. We measure, so that you know!

Quality overview of the 2020 maize crop

A total of 890 composite samples, representing white and yellow maize of each production region, were received and analysed to determine their quality. The samples consisted of 516 white and 374 yellow maize samples.

READ MORE →