Graanlaboratorium Kry Erkenning Vir Twee Dekades se Hoë Standaard

img-2

SA Graanlaboratorium jaarvergadering

Ter bevestiging van die SA Graanlaboratorium (SAGL) se standaard van werk en dienste het die Suid-Afrikaanse Nasionale Akkreditasiestelsel (SANAS) in 2019 ‘n sertifikaat van erkenning aan die SAGL toegeken vir voldoening van die ISO 17025 Akkreditasie vir langer as twintig jaar. 

Dié toekenning is volgens die SAGL se voorsitter, Boikanyo Mokgatle, erkenning van die Laboratorium se doel om akkurate kwaliteitsontledings aan die landboubedryf te lewer en om internasionaal mededingend te wees. 

By die jaarvergadering het dr Cobus Visagie van die Universiteit van Pretoria (FABI) ‘n lesing gegee oor swamme in Suid-Afrikaanse gewasse, met spesifieke verwysing na mikotoksiene. Sy navorsing daaroor word in opdrag van Graan SA en die SAGL gedoen, met die doel om ‘n bydrae tot veiliger voedsel en veevoer te lewer. 

In die SAGL se jaarverslag vir 2019 vermeld mnr Mokgatle ook die SAGL se akkreditasie-uitbreiding om Vitamien D2-toetse op gefortifiseerde brood uit te voer. Dit is die eerste geakkrediteerde laboratorium in Suid-Afrika wat hierdie toetse vir die voedselbedryf uitvoer. 

Toetse wat deur die SAGL aangebied word, word bepaal deur bedryfsbehoeftes. Dit word deurlopend uitgebrei in ooreenstemming met regulatoriese aanpassings om die mededingendheid van Suid-Afrika se landboubedryf te ondersteun. “Die SAGL het sy relevansie en reputasie as ‘n nasionale en internasionale voorkeurverwysingslaboratorium bevestig. Die Laboratorium onderskei homself deur prosedures en metodes te gebruik wat internasionaal erken word sodat resultate volgens internasionale standaarde gelewer kan word,” sê mnr Mokgatle in sy voorsittersverslag. 

“Die Laboratorium is daartoe verbind om tot Suid-Afrika se voedselveiligheid en kwaliteitsbeheer van voedsel by te dra.” Die internasionale klem op voedselveiligheid vereis proaktiewe monitering, daarom is die SAGL se jaarlikse kwaliteitsverslae oor koring, mielies, sojabone, sonneblomsaad en graansorghum volgens mnr Mokgatle toenemend belangrik. Die SAGL is in 1997 as ‘n onafhanklike en niewinsgewende laboratorium deur die plaaslike graanbedryfgevestig om as ‘n verwysingslaboratorium vir graan en oliesade te dien. Betrokkenes aan wie die SAGL dienste lewer, sluit graan en oliesadeprodusente, die hanterings en opbergingsbedryf, verwerkers, handelaars, saadmaatskappye en navorsingsinstellings in. 

In 2017 het die SAGL onder leiding van die hoofbestuurder, Wiana Louw, ‘n tweede afdeling, vir gewasbeskermingsprodukte, ingestel wat geakkrediteer is en dienste lewer wat internasionaal erken word. Dit was die eerste laboratorium van sy soort in die land. Produkontledings word vir registrasie doeleindes gedoen asook ontledings van kwaliteitsbeheer en middels se rakleeftyd ná vervaardiging. 

Die SAGL doen ingevolge internasionale vereistes ‘n vyf gangontleding en stabiliteitstoetse van chemiese produkte. Dit word deur die Verenigde Nasies se voedsel- en land bou-organisie en deur die Wêreldgesondheidsorganisasie voorgeskryf. 

Die personeel het gereeld persoonlike wisselwerking met internasionale belanghebbendes en verteenwoordigers van Afrikalande. In die afgelope jaar het die SAGL besoekers ontvang van onder meer die internasionale graanhandelaars vereniging, Denemarke, Oekraïene, Oos-Afrika se graan maatskappy, Bayer-personeel van Duitsland, Oostenryk en die VSA se hulporganisasie USaid. 

Ten einde in voeling te bly met die markbehoeftes vir veilige voedsel en voer van gehalte is die SAGL volgens mnr Mokgatle voortdurend in verbinding met belanghebbendes. Die Laboratorium is gevolglik verteenwoordig in die tegniese komitees van verskeie bedryfsverenigings.

SA Graanlaboratorium se direksie vir 2019/20
Boikanyo Mokgatle (voorsitter),
Meulenaars (mielies)
De Wet Boshoff (ondervoorsitter),
Veevoervervaardigers
Mariana Purnell (uitvoerende komitee), Graanhanteerders en -opbergers
Dr Erhard Briedenhann (uitvoerende komitee), Oliesade-advieskomitee / OPOT Geoff Penny, Bakkers
Jannie de Villiers, Graan SA (mielies) Dr Marinda Visser, Graan SA (koring) Gerrit Roos, Graan SA (sojabone)
Jaap van der Westhuizen (alternatiewelik), Graan SA
Erwin Potgieter, Meulenaars, (koring) Dirk Kok, Handelaars – graan en oliesade.

Author:

SAGL

The Southern African Grain Laboratory is an accredited laboratory, established in 1997 as a reference laboratory on request of the South African Grain Industry. We measure, so that you know!

Quality overview of the 2020 maize crop

A total of 890 composite samples, representing white and yellow maize of each production region, were received and analysed to determine their quality. The samples consisted of 516 white and 374 yellow maize samples.

READ MORE →